Translate

Sunday, February 24, 2013

Afmetings, kombuis terme en omskakelings


Afmetings, kombuis terme en omskakelings

Wanneer jy in jou kombuis begin eksperimenteer is dit belangrik dat jy ‘n paar terme sal verstaan wat in resepte gebruik word en so bietjie sal weet wat die korrekte afmetings prosedure is. Dit maak nogal ’n verskil aan sensitiewe resepte wanneer die korrekte hoeveelhede vir bestanddele nie afgemeet word nie.

Omdat ons kook vanaf resepte van oor die wêreld heen het ek dit ook goedgedink om so paar tabelle in te sluit wat jou kan help met ’n paar lastige omskakelings.

Ek hoop dat die week se blog insiggewend sal vir en voel dat ek bietjie waarde to jou kombuis toevoeg.

Afmeting

Dis is belangrik dat droë bestanddele soos meel, suiker en sout byvoorbeeld nie in gedruk word nie. Dit sal nie ’n korrekte hoeveelheid van wat benodig word wees nie. Vul eerder jou koppie of lepel soos die bestanddeel normaal voorkom en skraap dan af met die agterkant van ’n mes. So verseker jy dat jou koppie 100% vol is maar dat bestanddele nie saamgepers is en in werklikheid baie meer as wat vereis word nie sal wees nie.

Somtyds vereis resepte slegs dele van ’n teelepel. Hier moet skatting en ’n goeie oog ingespan word om die verlangde hoeveelheid te kry. Vir ’n halwe teelepel sal jy byvoorbeeld die lepel op die verlangde metode vul maar met jou oog in die helfte verdeel. Die maklikste is om met jou oog lyne oor die lepel te trek en dan dit so in breukdele verdeel.

Vir die afmeting van vloeistowwe word die houer tot by die korrekte merkie gevul wat dan jou verlangde hoeveelheid sal gee. Dit is belangrik dat vir afmeting in maatbekers jy nie van bo sal ’n lesing maak nie, maar dat jou oog gelyk met die merkie sal wees sodat jy so die korrekte lesing kan bepaal.

Ek het so bietjie tydens my rondlees op ’n interessante manier van botter afmeet afgekom.  Indien jy slegs ’n deel (50 mℓ) van ’n koppie benodig vul jy die koppie met die ander deel (200 mℓ) om die volle 250 mℓ te bereik. Indien jy dan die botter of vet in die koppie plaas sal die koue water styg tot bye die 250 mℓ merkie. Jy kan nou die water afgooi. Dit is belangrik dat jy baie koue water sal gebruik sodat jou botter of vet nie smelt nie.

Gerieflikheidshalwe kan ’n spesifieke hoeveelheid gemeet in gram (g) botter ook gesien word as dieselfde hoeveelheid gemeet in milliliter (mℓ) botter. Jy kan dus maklik ’n blok botter verdeel in die helfte, ’n kwart of selfs agt dele afhangende van wat jy benodig.

Ken jou terme

Daar is ’n paar terme wat jy altyd sal aantref in ’n resep en wanneer jy nie weet wat daarmee bedoel word nie kan dit nogal ’n penarie afgee. Soos enige ander professie of stokperdjie het die kookkuns woorde wat slegs van toepassing is op kook.

Omdat ek nogal heel verlore gevoel het toe ek begin kook het en dit ’n duur storie geword het om met my ouma , ma en suster op die foon deur te bring en so deur elke resep te gaan het ek besluit om van die terme so deeglik as wat ek dit moontlik kon doen te beskryf.

 Meng metodes

Daar is verskillende manier om bestanddele te meng. Alhoewel elkeen dieselfde eindresultaat tot gevolg het, is die verskillende metode baie belangrik en speel dit ’n groot rol in jou eindproduk.

1.       Insny

Die woord dui die aksie baie mooi aan. Jy gebruik jou mes en deur die uitvoer van agtereenvolgende kap (sny) bewegings meng jy jou bestanddele.

 

Voorbeeld

Sny botter by meel in

 

2.       Invou

Dit is om bestanddele te meng, maar die lug wat voorheen ingeklop is te behou. Dit kan gedoen word deur versigtig met die gebruik van ’n metaal lepel die mengsel om te vou sodat jou lepel elke keer die boom van die bak raak. Die metode kan nie oorhaastig uitgevoer word nie omdat jy soos voorheen gesê, die lug in die bestanddeel wil behou.

 

Voorbeeld

Iets te meng met eierwit wat styf geklop is.

 

3.       Invryf

Gebruik jou vingerpunte, ’n voedselverwerker of menger om botter met droë bestanddele te meng.  Die beste manie wanneer jy jou hande gebruik is om die botter in klein blokkies te sny en dit dan liggies met jou vingerpunte te vryf en so met die droë bestanddele te meng.

 

Voorbeeld

Meng botter met meel.

 

4.       Klop

Dit is om lug in jou bestanddele te kry. Jy gebruik ’n lepel of hand klitser en beweeg die bestanddeel om en om sodat die onderste bestanddeel ook met die lug in aanraking sal kom.

 

Voorbeeld

Room styf Te klop

 

5.       Roer

Gebruik ’n lepel en voer sirkelbeweging uit, wat jy geleidelik groter maak om bestanddele te meng.

Voorbeeld

Roer droë bestanddele saam.

 

6.       Room

Die meng metode gebruik om botter en suiker ’n romerige voorkoms te gee deur gebruik te maak van ’n houtlepel of elektriese klitser en dit dan liggies te klop. Vir die verkryging van ’n beter resultaat is dit beter om strooisuiker of gesifte suiker te gebruik, omdat dit ’n fyner tekstuur het en die suiker deeltjies makliker sal meng met die botter.

 

Voorbeeld

Meng botter en suiker saam vir die maak van terte.

 

Net nog so paar woordjies

 

1.       Kap

Jy hoef darem nie die hamer of byl te gaan haal nie. Nee, ons kokke is vriendelike mensse al werk ons elke dag met gevaarlike toerusting. Om te kap, beteken doodeenvoudig net om die punt van jou mes op die snyplank te hou, met die een hand, en dan met jou ander hand die mes vinnig op en af te beweeg sodat kap bewegings uitgevoer kan word. Die metode word gewoonlik gebruik by die fynmaak van neute en sommige kruie.

 

2.       Snipper

Neem die kruie wat jy wil snipper en sny dit in fyn stukkies met ’n skêr.

 

3.       Sny in blokkies

Sommige resepte vereis dat jy groente, vrugte en selfs botter in blokkies moet sny. Jy sny doodeenvoudig net die een kant van die groente of vrug af sodat dit jou met ’n plat oppervlak kan laat. Nou kan jy die bestanddeel so plaas dat dit op die plat kan sal lê en so makliker hanteerbaar sal wees. Gebruik eerstens jou mes en sny die bestanddeel in lang repe oor die lengte. Deur dan die repe by mekaar te hou en in die ander rigting te sny, sny jy jou blokkies. Probeer die blokkies dieselfde grootte sny, omdat dit sal verseker dat alles eweredig kook.

 

4.       Maak aan

Wat sê die skrywer van die resep nou eintlik? Aanmaak beteken doodeenvoudig net om ’n droë bestanddeel te meng met  ’n klein bietjie sout of suiker en dan ’n bietjie melk of water by te voeg terwyl jy alles aanhoudend roer om ’n gladde loperige vorm aan te neem.

 

Ek hoop dat deur nou die woorde te verstaan dit bietjie maklike sal wees om daardie resep waarvoor jy so bietjie skrikkerig was voorheen aan te pak.

Baie keer gebruik ’n resep sleg ’n breukdeel van ’n lepel of ’n koppie en weet mens nooit wat hulle nou eintlik bedoel nie. Ek het besluit om hier ’n tabel te gee wat jy mooi kan uitsny, lamineer en teen jou yskas vassit. So sal dit jou help om dan ook sommer elke week te onthou om te kom rondsnuffel op Die Vet Sjef en te sien wat se inligting ek deel.

Breukdeel omskakelings

Breukdeel
⅛ t
¼ t
½ t
1 t
1 e
½ e
¼ k
½ k
¾ k
1 k
1 ½ k
⅖ k
⅘ k
1 ¼ k
2 ½ k
Mℓ aanduiding
0.5 mℓ
1 mℓ
2.5 mℓ
5 mℓ
15 mℓ
7.5 mℓ
4 e (60 mℓ)
125 mℓ
190 mℓ
250 mℓ
375 mℓ
100 mℓ
200 mℓ
310 mℓ
625 mℓ

 

Gewig omskakelings

Gram (g)/ Kilogram (kg)
25 g
50 g
75 g
100 g
125 g
150 g
175 g
200 g
225 g
250 g
275 g
300 g
325 g
350 g
375 g
400 g
425 g
450 g
675 g
1 kg
1.2 kg
1.3 kg
1.8 kg
Ons (oz.) / Pond gewig (lb)
1 ons
2 ons
3 ons
4 ons = ¼ lb
4.4 ons
5.2 ons
6 ons
7 ons
8 ons = ½ lb
9 ons
10 ons
11 ons
12 ons = ¾ lb
+ 12 ons
13 ons
14 ons
15 ons
16 ons = 1 lb
22 ons = 1 ½ lb
2.2 lb
2 2 ½ lb
3 lb
4 lb
 

 

Vloeistof omskakeling

(mℓ) Milliliter / ( l) Liter
30 mℓ
60 mℓ
90 mℓ
120 mℓ
150 mℓ
180 mℓ
210 mℓ
240 mℓ
270 mℓ
300 mℓ
330 mℓ
360 mℓ
390 mℓ
420 mℓ
450 mℓ
480 mℓ
600 mℓ
960 mℓ
1.1   L
 
 
(fl.oz.) / (pt.) Pint
1 fl.oz.
2 fl.oz.
3 fl.oz.
4 fl.oz.
5 fl.oz. = ¼ pt.
6 fl.oz
7 fl.oz.
8 fl.oz.
9 fl.oz.
10 fl.oz = ½ pt.
11 fl.oz.
12 fl.oz.
13 fl.oz.
14 fl.oz.
15 fl.oz. = ¾ pt.
16 fl.oz.
20fl.oz. = 1 pt.
32 fl.oz
40 fl.oz. = 2 pts

 

Lengte omskakelings

Millimeter (mm)
2 mm
6.25 mm
12.5 mm
25 mm
50 mm
75 mm
100 mm
150 mm
200 mm
250 mm
300 mm
Centimeter (cm)
n/a
n/a
n/a
2.5 cm
5 cm
7.5 cm
10 cm
15 cm
20 cm
25 cm
30 cm
Duim (dm.)
¼
½
1 dm.
2 dm.
3 dm.
4 dm.
6 dm.
8 dm.
10 dm.
12 dm.
 

 

 

Oond temperatuur omskakeling

̊C - Grade Celsius
110
130
140
150
170
180
190
200
220
230
240
 
F – Fahrenheit
225
250
275
300
325
350
375
400
425
450
475
 
Gas
¼
½
1
2
3
4
5
6
7
8
9
 
Hitte
Baie koel
 
Koel
 
Matig
 
Matig warm
 
Warm
 
Baie Warm

 

Resepte word vandag van oor die wêreld geskryf en mense is lief om met ander lande se kookkuns te eksperimenteer. Nie alle lande gebruik egter die metrieke stelsel nie en daarom kan jy dalk afkom op afmetings eenhede waarmee jy nie heeltemal vertroud is nie. Print dus gerus die tabelle uit en plak dit êrens waar dit maklik is vir jou om gou op te lees.

Van volgende week gaan ons so bietjie kyk na die verskillende metodes wat gebruik word om te kook. Daar is meer as net die gewone braai en kook en ek wil dit aan jou bekend stel.

Onthou om my so bietjie te laat weet hoe dit gaan en jou kontak besonderhede met verjaarsdag besonderhede te stuur sodat ek julle ingelig kan hou indien daar iets aan die gebeur is. Vertel my dan sommer wat in jou omgewing aangaan en stuur besonderhede van ’n vriend of vriendin wat ek na ons kook familie kan nooi.

Kook Liefde

Die Vet Sjef

dievetsjef@gmail.com

Sunday, February 17, 2013

Gereedskap in die kombuis


Gereedskap in die kombuis
Kennis van jou gereedskap in die kombuis is baie belangrik. Dit help nie jy het al die gereedskap stukke wat daar tans op die mark is en jy weet nie hoe een van dit werk nie. ‘n Kok se gereedskap is soos wapens vir ’n soldaat. Dink daaraan. Jy gaan tog nie oorlog toe sonder om ’n wapen saam te neem nie, maar dit is ook belangrik dat jy sal weet hoe jou “wapen” werk.
Eerstens gaan ons bietjie kyk na die belangrike punte om na te kyk wanneer jy nuwe gereedskap aankoop. Daar is ’n paar punte wat jou lewe net so bietjie sal vergemaklik.
-          Weet wat die doel en funksie van die gereedskap is en of dit regtig gaan sy doel dien in jou kombuis.
-          Kies eenvoudige vorms wat maklik gewas en skoon gehou kan word.
-          Kies bakke, kastrolle, bekers, potte en panne sonder nate. Dit sal help dat daar nie onnodig gesukkel sal word om dit skoon te maak nie.
-           Mengbakke wat nouer afloop na onder maak dit moontlik om minder bakke te hê wat die wêreld vol staan, en so kan jy die bakke ook gebruik vir kleiner hoeveelhede sonder vermorsing.
-          Dit is belangrik dat gereedskap van draad goed gelas sal wees, en dat die handvatsels stewig sal wees.
-          Messe moet stewige hewwe hê vir maklike hantering, en hewwe moet behoorlik aan die lemme geheg wees sodat enige beserings voorkom sal word.
-          Kyk vir gereedskap wat meer as een doel dien wat dit moontlik maak om met minder gereedskap oor die weg te kom.
Nou dat ons weet wat dit is om voor te kyk, of so bietjie oor na te dink voordat jy gereedskap koop, kan ons so bietjie gaan kyk na die verskillende items wat die lewe sal vergemaklik vir jou.
1.      ­Oonde
Daar is ’n hele paar soorte oonde op die mark, elk met sy eie unieke doel. Ons gaan so bietjie kyk na die verskillende soorte en wat die funksie van elkeen is.
 
·         Konvensionele oonde
Die temperatuur binne die oond kamer word termostaties beheer en die brander aan die bokant van die oond kan verstel word om lae of hoe hitte te verskaf. Die konvensionele oond het baie gebruike soos bak, braai, stowe, diepbraai en smoor.
 
Die oonde werk gewoonlik met gas en dit is belangrik dat die nodige veiligheidsmaatreëls in plek sal wees wanneer daar gas lekkasies is en dat die gas toevoere behoorlik werk.
 
·         Konveksie oonde
Konveksie oonde werk met ’n waaier binne die kookkamer van die oond wat warm lug gelyk sirkuleer wat lei to vinniger kook tye. Die tipe oonde is goed vir braai en bak weens hul akkuraatheid en die gelyke verspreiding van temperatuur.
 
·         Mikrogolfoonde
Die mikrogolf oonde is beslis een van die waardevolste uitvindsels van die twintigste eeu. Dit maak eenvoudig net die lewe soveel vinniger en makliker.
 
Krag word na die magnetron in die oond gevoer wat dan omgeskakel word in mikrogolwe wat die kos binnedring en die watermolekules in die kos teen so geweldige hoë spoed vibreer dat dit hitte veroorsaak wat die kos dan baie vinnig gaarmaak. Mikrogolwe wek nie radioaktiwiteit in die  kos op soos mense voor bang was toe die oonde eers hul verskyning gemaak het nie.
 
Een van die nadele van ’n mikrogolfoond is dat mense nie altyd seker is hoe om behoorlik daarmee te werk nie. Dit gebeur soms dat kos vir te lang periodes in die mikrogolfoond geplaas word wat dan baie taai onsmaaklike kos tot gevolg het.
 
 Dit is ook belangrik om nooit metaal soos aluminium, porselein met metaal versierings soos silwer of goud in jou mikrogolf oond te gebruik nie.  Die metale weerkaats die mikrogolwe terug en sal ontploffings veroorsaak wat dan die magnetron kan beskadig.
 
2.      Diepbraaier
Die diepbraaier is sekerlik een van die gevaarlikste toestelle wat jy kan gebruik in die kombuis. Jy werk met warm olie wat gebruik word om kos gaar te maak en wanneer jy nie versigtig is nie kan die olie op spat en lelike beserings veroorsaak. Moet dus nooit kos van hoe hoogtes in die olie laat val en so veroorsaak dat dit spat nie, en bly asseblief weg met waterdruppels van die olie af.
 
Die diepbraaier het ’n houer waarin olie tot baie hoë temperature verhit word (tot 200 ̊C) waarin kos dan binne die olie geplaas word om gaar te raak. Diepbraaiers beskik oor ’n termostatiese meganisme wat verhoed dat olie oorverhit en aan die brandslaan.
 
3.      Yskas
Die yskas is nog een van die toestelle waarsonder ons vandag nie kan klaarkom nie. Die belangrikste doel van die yskas is om kos koud en in goeie kondisie te hou. Normaalweg behoort die yskas te funksioneer tussen 1 ̊C en 5 ̊C, wat die gewenste temperatuur is om nie kos te vries nie, maar dan ook te verhoed dat bakterieë sal groei en so die kos sal bederf en laat sleg word.
 
Dit is goeie praktyk dat jy verskillende kosse sal stoor in die yskas on nie in aanraking te kom met mekaar en so mekaar kan bederf nie. Byvoorbeeld hoender wat ontvries in aanraking te bring met groente nie.
 
4.      Skale
Skale word gebruik om bestanddele korrek af te meet.
 
5.      Maatbeker
Maatbekers word gebruik vir die korrekte afmeet van vloeistowwe.
 
6.      Meetlepels
Meetlepels is belangrik vir die afmeet van bestanddele. Dit word gewoonlik aangekoop in stelle, en die mees algemeenste is 2.5 ml, 5 ml (1 teelepel), 15 ml (1 eetlepel), 60 ml (4 eetlepels), 80 ml (⅓ koppie), 125 ml (½ koppie) en 250 ml (1 koppie). 
 
7.      Versapper
Die versapper word gebruik om kos tot ’n vloeistof te meng. Dit kom nogal handig te pas by die maak van souse en soppe.
 
8.      Menger (“Blender”)
Die menger werk baie dieselfde as die versapper maar het ’n paar ekstra funksies en is gewoonlik ’n bietjie groter
 
9.      Stok menger (“Stick Blender”)
Die stok menger is die kleiner en ook sekerlik die jonger moetie van die gewone staan menger. Dit maak sommige take ’n klein bietjie makliker deur sekere geregte sommer in die pot te vermeng.
 
10.  Klitsers
Klitsers kom voor in geweldig baie vorme en dit is belangrik dat jy die soort sal kies wat die heel beste vir jou behoeftes gaan werk. Die heel belangrikste gebruike van klitsers is om eiers of room te klits of selfs deeg te meng of die beslag van koeke en terte.
 
11.  Deegroller
Gebruik vir die uitrol van deeg
 
12.  Draadklitser (“Whisk”)
’n Draadklitser is ’n handige item om te hê vir die klits van eiers of die klop van room. Dit is ontwerp om lug toe te voeg en vloeistowwe en beslae te meng.
 
13.  Afkoelrakkies
Draadrakkies gebruik vir die afkoel van koeke, muffins, brood of ander gebakte items.
 
14.  Bakke
Bakke kom in baie verskillende vorms en groottes en word aangewend vir ’n verskeidenheid van take. Een van die belangrikste redes vir bakke is om bestanddele in te meng.
 
15.  Groenteplanke
Groente planke van verskillende groottes word gebruik vir die verwerking van groente en om op te werk. Dit dien dus as beskermer ook vir jou kombuiskaste of tafels
 
16.  Potte en panne
 
·         Potte
’n Goeie stel potte is altyd ’n wenner in jou kombuis omdat hulle soos jou beste vriend word. Potte maak deel van jou daaglikse bestaan uit en wanneer dit nie goeie kwaliteit is nie kan dit jou grootste vyand word.
·         Souspan
Sous panne kom in ’n verskeidenheid vorme, en kan gemaak maak wees van ’n verskeidenheid soorte metale soos vlekvrye staal, koper ens.
·         Braaipan
Die braaipan is ontwerp om die braai lyntjies te verskaf omdat dit ontwerp is met verhewe lyntjies wat dan in aanraking met die kos kom. Verder is dit met ’n nie kleefbare afwerking afgewerk sodat jou kos nie sal vasbrand nie.
·         Sauté pan
Sauté is slegs ’n vorm van braai en word dikwels aangewend vir die bereiding van stukkie vleis of hoender.
·         Wok
Die Wok word gewoonlik geassosieer met Oosterse kookkuns, en glo my maak die wêreld se verskil wanneer jy bestanddele begin meng. Die metaal van die Wok is gewoonlik baie dun en verhit vinnig.
·         Koekpanne (koekvorms) en broodpanne
Vandag kry ons ook koekpanne of vorms wat gemaak is van silikoon. Dit maak die lewe heelwat makliker omdat koeke of selfs brode (wanneer ’n broodpan gebruik word) nie meer vassit soos in die verlede nie.
Koekpanne of broodpanne word soos die naam aandui gebruik wanneer brood of koek gebak word.
 
17.  Siwwe
Siwwe is ontwerp vir verskillende gebruike naamlik vir die sif van droë on nat bestanddele. In die geval van droë bestanddele is dit om alle ongewenste items te verwyder en slegs die baie fyn deeltjie deur te laat, en in die geval van vloeistowwe, vir die verwydering van geurmiddels wat gebruik is om die kos mee te geur maar wat jy nie wil gebruik wanneer jy dit opdien nie.
 
18.  Vergiettes (“Colander”)
’n Vergiettes dien baie dieselfde doel as ’n sif, maar slegs met die verskil dat dit heelwat groter gaatjies het. Dit sal gewoonlik gebruik word wanneer pasta gemaak word of groente gekook word om die water te laat afdroog.
 
19.  Voedselverwerker
Voedselverwerkers is nog een van daardie gereedskap items wat gebruik word om tyd heelwat te bespaar. Dit kom gewoonlik met ’n hele aantal aanhegsels en word gebruik om te kerf, sny en rasper.
 
20.  Meule
‘n Meul word gebruik om die kos wat deur die klein holtes geforseer word in ’n gemaalde vorm aan die ander kant te kry. Dit word gebruik dikwels by die verwerking van vis, hoender en vleis.
 
 
 
21.  Rasper 
Gebruik om kos te rasper. Hul kom gewoonlik met verskillende opsies wat dan ook die grote van die eindproduk sal bepaal en die gevolg sal hê van hoe grof of fyn jy dan jou eindproduk wil hê.
 
22.  Skiller
Skillers word gebruik om die buitenste skil van harde groente en vrugte te verwyder.
 
23.  Blikoopmaker
Blikoopmakers kom in verskillende vorme en word gebruik vir die oopmaak van metaal blikkies. Wees versigtig omdat sommige van hulle nie ’n gladde afwerking laat nie en dit kan lei tot beserings.
 
24.  Kombuisskêr
n Sterk kombuisskêr is baie belangrik, omdat dit ingespan word vir die sny van linte to die sny van vis vinne of selfs dun beentjies.
 
25.  Mes skerpmaker (slypstaal of slypsteen)
’n Stomp mes in die kombuis is ’n nagmerrie en om te verseker jou mese en skêr is altyd skerp is dit belangrik om ’n goeie kwaliteit skerpmaker te hê. Jy kan ’n slypsteen of slypstaal gebruik wat ’n lang staal is wat aan ’n handvatsel vas is en gebruik word om messes mee skerp te maak.
 
Maak egter seker dat jy ’n goeie tegniek sal toepas om nie jou lem te beskadig nie.
 
26.  Kurktrekker
Kurktrekkers word gebruik vir die verwydering van kurkproppe van byvoorbeeld wyn en kan jou nogal in ’n penarie laat beland wanneer jy gaste oor nooi en probeer om ’n bottel wyn oop te kry sonder ’n behoorlike kurktrekker
 
27.  Gaatjieslepel
Gebruik vir die verwydering van iets uit vloeistof, maar nie die vloeistof wil uitskep nie, soos byvoorbeeld groente gekook in water.
 
28.  Stel toetspenne
Vir die bakkers onder ons is toetspenne ’n belangrike item. Dit dien om te bepaal of jou gebak reg is of nie. Jy druk eenvoudig die toetspen in die gebak en wanneer dit skoon uitkom weet jy dit is gaar.
29.  Pasta lepel
Die vernaamste gebruik is die verwydering van die pasta uit die water sodat die water agter bly in die pot. Die gereelde pasta makers sal weet dat ’n gewone lepel beslis nie gemaak is vir die doel nie.
 
30.  Eierspane
Eierspane word gebruik vir die uitskep van gebakte eiers of enige iets wat gemaak word in ’n pan en waarvoor jy ’n plat oppervlak nodig het om uit te lig.
 
31.  Tydklokkie
’n Tydklokkie is nog ’n nuttige item om te hê. Nie alle stowe het ingeboude klokkies nie en dit gebeur heel dikwels dat jy iets op die stoof sit en weggevoer deur iets anders net om later weer terug te loop, vas in ’n bondel rook.
 
32.  Saag
‘n Saag sal gewoonlik gebruik word wanneer jy met groot bene werk en dit wil opdeel in kleiner stukke.
 
33.  Messe
Daar bestaan bykans ’n mes vir elke taak in jou kombuis, maar met die paar basiese messe beskikbaar is daar geen rede tot kommer nie en kan jy soos ’n professionele sjef al jou take uitvoer.
·         Skilmes
Die is een van die kleiner messies, maar staan beslis sy skoene vol en is sy gewig in goud werd. Hy word gebruik vir verskillende take soos die skil van vrugte en groente, uie en om die punte aan weerskante van groente of vrugte wat jy nie gebruik nie af te sny.
·         Draaimes
Die draaimes het ’n baie klein gedraaide lem en word meestal gebruik vir aanbieding wanneer kos voorgesit word. Nie ’n noodsaaklikheid in jou kombuis nie, maar as jy iemand is wat hou van tierlantyntjies kan dit jou help.
·         Filet mes
Die mes het ’n medium lengte lem en is buigbaar. Die buigbaarheid van die lem is so ontwerp sodat dit buig wanneer dit teen die been van vis afbeweeg wanneer jy filette sny.
 
 
 
·         Ontbeen mes
Die mes het ’n kort tot medium lengte lem wat gepunt is aan die die voorkant waarvan die lem sterk en stewig is. Die tipe mes is juis so ontwerp om na aan die been te sny en so die vleis weg te sny.
·         Algemene sjefs mes
Die is ’n mes wat gebruik kan word vir verskillende doeleindes en kan help met die voorbereiding van groente, vrugte, vleis, pluimvee en selfs vis. Die mes kan gebruik word in verskeie tegnieke en sal As u dit doelbewus wil beklemtoon druk ctrl+z om u teks terug te kry of druk 1 vir nog en 2 vir steeds op die toetsbord en druk die spasiebalk die toets slaag. Beslis ’n moet in jou kombuis.
·         Paletmes / spatel
Die is sekerlik die enigste tipe mes waarvan die lem nie skerp is nie. Die lem het ’n ronde afwerking waarvan die hoof gebruike die omdraai van kos is wat gebraai word en om iets aan te smeer. Die mes word heel dikwels deur bakers gebruik om koeke te versier.  En het ’n lang buigbare lem. Lemme verskil in lengte van mes to mes en dit is belangrik dat jy sal seker maak jy kies die regte mes vir jou behoeftes.
·         Getande mes
Soos die naam aandui is lem gekartel en word gewoonlik in ’n saag aksie gebruik. Die lem kan nie skerp gemaak word nie, en die hooffunksie is die sny van sekere kosse soos brood, muffins, croissants ens.
·         Vleismes en vurk
Die vleismes het ’n lang, dun, baie skerp lem om die akkurate sny van vleis te verseker.
 
Die vleisvurk en vleismes werk soos ’n familie saam en is ook so ontwerp om mekaar te ondersteun. Die vleisvurk is ’n sterker vurk as gewone vurke en so ontwerp om die vleismes te ondersteun in die sny proses.
·         Kloofmes
Die kloofmes is ’n baie skerp mes wat gebruik word in ’n kap aksie met die sny van bene.
Korrekte hantering van messe
Messe is sekerlik een van die gevaarlikste, maar tog ook belangrikste items in jou kombuis en moet altyd met groot sorg behandel word. Dit is belangrik om te weet wat die doel van elke mes is sodat jy die beste uit daardie mes kan kry.
Verseker ook altyd dat jou messe skerp is. Dit maak ’n groot verskil in die sny proses om nie met ’n stomp mes te sukkel nie.
Messe moet met groot sorg hanteer word om beserings te voorkom. Dit is altyd goed om die lem afwaarts te dra of wanneer jy dit aan iemand oorhandig die lem na jou gerig te hou.
Messe is voortdurend in direkte kontak met jou kos en om te verseker dat dit ten alle tye higiënies is, is dit belangrik om te verseker dat jou messe behoorlik skoongemaak word.
Verstaan die hitte van jou oond
Dit is belangrik dat jy jou oond sal ken en verstaan en sal weet wat die stellings is. Gelukkig vir ons het moderne tegnologie dit moontlik gemaak dat oonde ingeboude termometers het waarvolgens ons die hitte kan stel.
 
Baie koel
Koel
Matig koel
Matig
Matig warm
Warm
Baie Warm
 
̊C
100
140
160
180
190
200 – 220
230 - 260
̊F
200
275
325
350
375
400 – 425
450 - 500
Gas
Laag
1
2
3
4
5 – 6
7 – 9
 
Nou dat ons weet wat die verskillende tipe gereedskap voor is en dat ons kan sien wat sal ons persoonlik behoeftes pas, is dit makliker om gereedskap spesifiek vir jou aan te koop en nie met ’n klomp onnodige items in jou laai op te eindig wat net alles vol lê nie.
Volgende keer gaan ons bietjie kyk na verskillende tegnieke in die kombuis en hoe om akkurate afmetings te maak, so kry daardie gereedskap skoon en reg vir aksie.
Vriendelike groete
Die Vet Sjef
dievetsjef@gmail.com