Translate

Sunday, February 10, 2013

Voedsel en voeding

Voedsel en voeding
Die heel belangrikste wat ons moet weet voordat ons by die deur van ons kombuis instap is dat die kosse wat ons eet soos brandstof vir ons liggaam is. Dit is belangrik dat jy dit ingedagte hou wanneer jy kook. Sonder die regte voeding is ons soos ’n voertuig sonder petrol, en sal ons liggaam nie sy nodige funksies verrig nie.
Daar bestaan hoofsaaklik vyf hoof voedsel groepe, wat dan weer die kosse opmaak wat ons eet. Die groepe staan bekend as koolhidrate, vette, proteïene, vitamiene em minerale en is elkeen op sy eie manier baie belangrik vir ons liggaam.
1.       Proteïene
Proteïene is die bouers en beskermers van die liggaam en het ’n paar baie belangrike funksies in die liggaam.

Groei
Vanaf die eerste minuut van geboorte begin ons liggaam reeds groei en speel proteïene ’n baie belangrike rol in die funksionering van ons liggaam.

Herstel
Gedurende ons lewenspad weet ons dat daar van tyd tot tyd onverwagse beserings kom. Die beserings moet dan weer herstel word sodat ons liggaam weer terug na sy normale oorsprong kan keer en weer heel kan wees. Selle leef ook nie vir ewig nie en die gemiddelde lewens periode vir ’n sel is normaalweg tussen ’n week en ’n paar maande. Die dooie selle moet dan deur nuwes vervang word.

Uitvoer van liggaamsfunksies
 Ons kan aan ons liggaam dink as ’n eenheid met baie werkers binne on die eenheid aan die werk te hou. Proteïene is dus die werkers aan die binnekant van ons liggaam wat help sodat die nodige liggaamsfunksies uitgevoer word sodat ons aan die lewe bly.

 Sekondêre bron van energie
Oortollige proteïene kan nie gestoor word vir latere gebruik nie. Die oortollige proteïene wat die liggaam dan nie nodig het nie word gestoor in die vorm van koolhidrate of vette en dien dan weer as energie verskaffers.

Voorsien die liggaam van aminosure
Proteïene is opgemaak en bestaan uit aminosure wat op hul beurt ook belangrik vir die liggaam is. Sommige word na verwys as essensiële aminosure. Di e tiepe word nie deur die liggaam vervaardig nie en dus is die liggaam afhanklik van die kosse wat ons eet daarvoor.


Proteïene word hoofsaaklik gevind in die volgende kosse:
·         Vleis wat insluit skaap, lam, bees, vark, pluimvee, wild en voëls
·         Vis en seekos
·         Eiers
·         Alle soorte kase en selfs ook tofoe wat gemaak is van soja melk
·         Groente en peule en sluit ook in droëbone, sojabone, lensies, droë ertjies en quinoa en neute.

2.       Koolhidrate
Koolhidrate is die hitte en energie verskaffers van die liggaam en bestaan hoofsaaklik uit drie hoof chemikalieë: koolstof, waterstof en suurstof. Die drie chemikalieë vervul elk hul belangrike plek in ons liggaam.

Koolhidrate is ook onderverdeel in drie subgroepe naamlik suiker, stysel en vesel wat elkeen sy eie belangrikheid vir ons liggaam het.

Suiker
Daar bestaan baie verskillende vorme van suiker en die mees algemeenste is sekerlik die wat ons gebruik om koffie en tee mee te versoet en wat ons gebruik om mee te bak. Die soort suiker staan bekend as sukrose.

Sukrose is die soort suiker wat ons vind in vrugte, groente en suikerriet en beet.

Maltose is ’n minder soet vorm van suiker as sukrose en word gevind in graankorrels en gebruik in die maak van bier.

Laktose is die vorm van suiker wat gevind word in melk.

Stysel
Stysel het ’n verskillende tekstuur as suiker, en bestaan uit baie verskillende suikers. Stysel is nie oplosbaar in water nie en makliker verteerbaar wanneer dit gekook word. Dit word gewoonlik gevind in graankosse, rys, wortel groente, meel en produkte gemaak van meel soos pasta en brood.

Vesel
Vesel is ’n baie belangrike bron van stysel. Vesel is nie verteerbaar en dien ook nie as energie verskaffer nie, maar vertolk tog ’n belangrike rol in die dieet.

Vesel is baie belangrik vir die verwydering van afvalstowwe uit die liggaam en help met die skoonmaak proses. Dit help met die vertering van voedingstowwe en die manier waarop voedingstowwe verwerk word, dit laat jou versadig voel en verminder die behoefte om te eet.

Vesel kom nie voor in dier produkte nie maar word algemeen verkry uit volkoringbrood, die gebruik van volkoringmeel inplaas van wit meel, volkoring graankos, volkoring paste, baie vrugte en groente en die inname van lensies en peulvrugte.

Koolhidrate word meestal gevind in die volgende kossoorte:
·         Graansoorte
Mielies (ook mieliemeel), koring (ook meel), rys, soya, tapioka, hawermout, graansorghum, pasta en meel verwante produkte.

·         Suiker
Suiker, heuning, stroop, vars vrugte, droëvrugte en versoete geregte soos konfyt, blatjang, koek en poedings.

·         Groente, peule en vrugte
Aartappels, patats, mielies, droëbone, droë-ertjies, beet en piesangs

3.       Vette
Vette kom hoofsaaklik van diere, vrugte, graan, sade en neute.  Ons kan onderskei tussen twee groep vette naamlik versadigde en onversadigde vette. Versadigde vette is die vette wat ons vind in dier produkte terwyl onversadigde vette die vette is wat ons vind in groente, sade en neute.

Heel dikwels wonder mense wat die verskil tussen vette en olies is. Dit is natuurlik heel eenvoudig en duidelik sigbaar by kamertemperatuur. Vette kom gewoonlik voor in ’n soliede vorm waar olies in die vorm van vloeistof is.

Die meeste van ons bly maar weg van vette omdat die woord vet soos ’n vloekwoord vir ons geword het. Ja wel, wie wil dan nou nie daardie rietskraal lyfie hê nie. Vette speel egter ook ’n belangrik rol in ons dieet net soos die ander voedsel groepe. Die goue reël is dat jy binne perke moet optree.

Die belangrikheid van vette:
·         Vette is ’n energie verskaffer, en selfs in groter hoeveelhede as koolhidrate.
·         Vette dien as beskermers vir lewensbelangrike organe, soos byvoorbeeld ons niere wat beskerm word deur ’n lagie vet.
·         Vette dien ook as die liggaam se eie termometer.

Die belangrike voedselgroep wat vette insluit is:
·          Suiwelprodukte
·         Botter, room en die meeste kase
·         Vetterige vleis, hoender en vis
·         Plantaardige olies van sade, neute, olywe , klapper avokado’s
·         Margarien

4.       Vitamiene

Vitamiene is die kleiner deeltjies van kosse as koolhidrate, vette en proteïene, maar beslis ook een van die belangrike voedsel groepe en help dat ons liggaam aan die werk bly.

13 verskillende vitamiene word deur die liggaam benodig vir behoorlike funksionering. Vitamiene speel twee baie belangrike rolle in ons liggaam naamlik:
·         Kontroleer die groei van die liggaam en ook verantwoordelik vir herstel.
·         Kontroleer die funksie van liggaamselle.

5.       Mineral

Minerale word in ’n wye reeks kosse gevind en daar is in totaal 18 verskeie soorte minerale wat belangrik is vir die liggaam.

Minerale is noodsaaklik vir die vorming van bene en tande en sluit in kalsium, magnesium, fosfor, fluoor.

Minerale help met die uitvoer van lewensfunksies wat bestaan uit aksies wat die resultaat is van verskeie chemiese reaksies deur die produsering van ensieme en hormone. Ensieme en hormone word geproduseer deur proteïene, maar bygestaan deur minerale vir die vrylating van energie sodat die liggaam kan funksioneer.

Minerale help met die hou van kontrole oor die vlakke van vloeistof in die liggaam. Die liggaam bestaan uit 60% tot 65% water.

Water
Water is beslis een van die belangrikste bronne van lewe en sonder water is daar maar min van ons wat sal oorleef. Daar is bevindings gemaak dat ’n mens vir slegs een en ’n halwe dag sal oorleef sonder water maar, ’n paar weke sonder kos. Ook het die geleerdes bevind dat dit nogal gesond is om ongeveer agt glase water per dag te drink.
Water vertolk ’n paar baie belangrike funksie in in ons liggaam:
·         Help met die verwydering van afval produkte, wat baie belangrik is vir ons liggaam om skoon te bly. Indien afval produkte nie verwyder word nie begin dit gifstowwe vrystel wat nadelig vir ons organe is.
·         Reguleer en kontroleer liggaamstemperatuur deur sweet.  Dit is die liggaam se natuurlike manier om temperatuur te beheer deur sweet af te skei wanneer die liggaam te warm word en so dan die liggaam af te koel.
·         Water dien ook as vervoerstelsel vir die voedingstowwe, ensieme en hormone hulle hul bestemmings kan bereik.
·         Verskaf minerale aan die liggaam. Water bestaan uit natuurlike minerale, maar dit is belangrik om te onthou dat die hoeveelheid minerale sal afhang van waar die oorsprong van die water is.
·         Dien as smeerolie vir sekere dele van die liggaam soos byvoorbeeld die werking van die oë en ooglede en om te help met die buigsaamheid en vrylike beweging van gewrigte.
                               































Voorbeelde van die hoof voedsel groepe
Voedselgroep

Vrugte en groente








Brood en graan







Melk en suiwelprodukte







Vleis en Vis







Vet kosse (nie stysel)




Suiker kosse
Voorbeeld van kos


Vrugte
Vrugtesappe
Groente
Peulgewasse (ertjies, boontjies en lensies




Brood
Graan (rys, cous-cous)
Ontbyt graan en pap
Pasta
Meel en meel geassosieerde produkte


Melk
Kaas
Room
Yoghurt
Botter
Eier


Vleis
Pluimvee
Aval
Vis
Skulpvis



Kosse wat die vet bevat
Groente olies
Die meeste troos kosse
(Burgers en gebraaide kosse)

Lekkergoed, sjokolade
Koekies
Gaskoeldrank
Konfyte en ingelegde kosse

Voedingstowwe


Koolhidrate
Dieet vesel
Vitamiene – C groep
Minerale
karoteen
Proteïene (van peule)



Koolhidrate
Dieet vesel
Vitamiene – B groep
Minerale
Proteïene



Proteïen
Koolhidrate
Vet
Vitamien – A & D
Minerale -calcium



Proteïene
Vet
Vitamien – A,B,D
Minerale – Yster




Vet
Vitamiene – A &D



Koolhidrate
Vette


Ek hoop dat die verduideliking van die hoof voedselsoorte vir elkeen die begin gaan wees van ’n lang pad saam met my, Die Vet Sjef. Die volgende gedeelte gaan ek bietjie kyk na die gebruik van verskillende toerusting in die kombuis en kan on sien dat deur net die paar basies gereedskap stukkies te hê jy kan toor.
Tot ons weer gesels.
Kook liefde
Die Vet Sjef

No comments:

Post a Comment