Gereedskap in die kombuis
Kennis
van jou gereedskap in die kombuis is baie belangrik. Dit help nie jy het al die
gereedskap stukke wat daar tans op die mark is en jy weet nie hoe een van dit
werk nie. ‘n Kok se gereedskap is soos wapens vir ’n soldaat. Dink daaraan. Jy
gaan tog nie oorlog toe sonder om ’n wapen saam te neem nie, maar dit is ook
belangrik dat jy sal weet hoe jou “wapen” werk.
Eerstens
gaan ons bietjie kyk na die belangrike punte om na te kyk wanneer jy nuwe
gereedskap aankoop. Daar is ’n paar punte wat jou lewe net so bietjie sal
vergemaklik.
-
Weet wat die doel en funksie van die gereedskap is en of dit
regtig gaan sy doel dien in jou kombuis.
-
Kies eenvoudige vorms wat maklik gewas en skoon gehou kan
word.
-
Kies bakke, kastrolle, bekers, potte en panne sonder nate.
Dit sal help dat daar nie onnodig gesukkel sal word om dit skoon te maak nie.
-
Mengbakke wat nouer
afloop na onder maak dit moontlik om minder bakke te hê wat die wêreld vol
staan, en so kan jy die bakke ook gebruik vir kleiner hoeveelhede sonder
vermorsing.
-
Dit is belangrik dat gereedskap van draad goed gelas sal
wees, en dat die handvatsels stewig sal wees.
-
Messe moet stewige hewwe hê vir maklike hantering, en hewwe
moet behoorlik aan die lemme geheg wees sodat enige beserings voorkom sal word.
-
Kyk vir gereedskap wat meer as een doel dien wat dit moontlik
maak om met minder gereedskap oor die weg te kom.
Nou
dat ons weet wat dit is om voor te kyk, of so bietjie oor na te dink voordat jy
gereedskap koop, kan ons so bietjie gaan kyk na die verskillende items wat die
lewe sal vergemaklik vir jou.
1.
Oonde
Daar is ’n hele paar soorte oonde op die mark, elk met sy eie
unieke doel. Ons gaan so bietjie kyk na die verskillende soorte en wat die
funksie van elkeen is.
·
Konvensionele oonde
Die temperatuur binne die oond kamer word termostaties
beheer en die brander aan die bokant van die oond kan verstel word om lae of
hoe hitte te verskaf. Die konvensionele oond
het baie
gebruike soos bak, braai, stowe, diepbraai
en smoor.
Die oonde werk
gewoonlik met gas en dit is belangrik dat die nodige veiligheidsmaatreëls in
plek sal wees wanneer daar gas lekkasies is en dat die gas toevoere behoorlik
werk.
·
Konveksie oonde
Konveksie
oonde werk met ’n waaier binne die kookkamer van die oond wat warm lug gelyk
sirkuleer wat lei to vinniger kook tye. Die tipe oonde is goed vir braai en bak
weens hul akkuraatheid en die gelyke verspreiding van temperatuur.
·
Mikrogolfoonde
Die mikrogolf
oonde is beslis een van die waardevolste uitvindsels van die twintigste eeu.
Dit maak eenvoudig net die lewe soveel vinniger en makliker.
Krag word na
die magnetron in die oond gevoer wat dan omgeskakel word in mikrogolwe wat die
kos binnedring en die watermolekules in die kos teen so geweldige hoë spoed
vibreer dat dit hitte veroorsaak wat die kos dan baie vinnig gaarmaak.
Mikrogolwe wek nie radioaktiwiteit in die
kos op soos mense voor bang was toe die oonde eers hul verskyning gemaak
het nie.
Een van die
nadele van ’n mikrogolfoond is dat mense nie altyd seker is hoe om behoorlik
daarmee te werk nie. Dit gebeur soms dat kos vir te lang periodes in die
mikrogolfoond geplaas word wat dan baie taai onsmaaklike kos tot gevolg het.
Dit is ook belangrik om nooit metaal soos
aluminium, porselein met metaal versierings soos silwer of goud in jou
mikrogolf oond te gebruik nie. Die
metale weerkaats die mikrogolwe terug en sal ontploffings veroorsaak wat dan
die magnetron kan beskadig.
2.
Diepbraaier
Die diepbraaier is sekerlik een van die gevaarlikste
toestelle wat jy kan gebruik in die kombuis. Jy werk met warm olie wat gebruik
word om kos gaar te maak en wanneer jy nie versigtig is nie kan die olie op
spat en lelike beserings veroorsaak. Moet dus nooit kos van hoe hoogtes in die
olie laat val en so veroorsaak dat dit spat nie, en bly asseblief weg met
waterdruppels van die olie af.
Die diepbraaier het ’n houer waarin olie tot baie hoë
temperature verhit word (tot 200 ̊C) waarin kos dan binne die olie geplaas word
om gaar te raak. Diepbraaiers beskik oor ’n termostatiese meganisme wat verhoed
dat olie oorverhit en aan die brandslaan.
3.
Yskas
Die yskas is nog een van die toestelle waarsonder ons vandag
nie kan klaarkom nie. Die belangrikste doel van die yskas is om kos koud en in goeie
kondisie te hou. Normaalweg behoort die yskas te funksioneer tussen 1 ̊C en 5
̊C, wat die gewenste temperatuur is om nie kos te vries nie, maar dan ook te
verhoed dat bakterieë sal groei en so die kos sal bederf en laat sleg word.
Dit is goeie praktyk dat jy verskillende kosse sal stoor in
die yskas on nie in aanraking te kom met mekaar en so mekaar kan bederf nie.
Byvoorbeeld hoender wat ontvries in aanraking te bring met groente nie.
4.
Skale
Skale word gebruik om bestanddele korrek af te meet.
5.
Maatbeker
Maatbekers word gebruik vir die korrekte afmeet van
vloeistowwe.
6.
Meetlepels
Meetlepels is belangrik vir die afmeet van bestanddele. Dit word
gewoonlik aangekoop in stelle, en die mees algemeenste is 2.5 ml, 5 ml (1
teelepel), 15 ml (1 eetlepel), 60 ml (4 eetlepels), 80 ml (⅓ koppie), 125 ml (½
koppie) en 250 ml (1 koppie).
7.
Versapper
Die versapper word gebruik om kos tot ’n vloeistof te meng.
Dit kom nogal handig te pas by die maak van souse en soppe.
8.
Menger (“Blender”)
Die menger werk baie dieselfde as die versapper maar het ’n
paar ekstra funksies en is gewoonlik ’n bietjie groter
9.
Stok menger (“Stick
Blender”)
Die stok menger is die kleiner en ook sekerlik die jonger moetie
van die gewone staan menger. Dit maak sommige take ’n klein bietjie makliker
deur sekere geregte sommer in die pot te vermeng.
10. Klitsers
Klitsers kom voor in geweldig baie vorme en dit is belangrik
dat jy die soort sal kies wat die heel beste vir jou behoeftes gaan werk. Die
heel belangrikste gebruike van klitsers is om eiers of room te klits of selfs
deeg te meng of die beslag van koeke en terte.
11. Deegroller
Gebruik vir die uitrol van deeg
12. Draadklitser (“Whisk”)
’n Draadklitser is ’n handige item om te hê vir die klits van
eiers of die klop van room. Dit is ontwerp om lug toe te voeg en vloeistowwe en
beslae te meng.
13. Afkoelrakkies
Draadrakkies gebruik vir die afkoel van koeke, muffins, brood
of ander gebakte items.
14. Bakke
Bakke kom in baie verskillende vorms en groottes en word
aangewend vir ’n verskeidenheid van take. Een van die belangrikste redes vir
bakke is om bestanddele in te meng.
15. Groenteplanke
Groente planke van verskillende groottes word gebruik vir die
verwerking van groente en om op te werk. Dit dien dus as beskermer ook vir jou
kombuiskaste of tafels
16. Potte en panne
·
Potte
’n Goeie stel
potte is altyd ’n wenner in jou kombuis omdat hulle soos jou beste vriend word.
Potte maak deel van jou daaglikse bestaan uit en wanneer dit nie goeie
kwaliteit is nie kan dit jou grootste vyand word.
·
Souspan
Sous panne kom
in ’n verskeidenheid vorme, en kan gemaak maak wees van ’n verskeidenheid
soorte metale soos vlekvrye staal, koper ens.
·
Braaipan
Die braaipan
is ontwerp om die braai lyntjies te verskaf omdat dit ontwerp is met verhewe
lyntjies wat dan in aanraking met die kos kom. Verder is dit met ’n nie
kleefbare afwerking afgewerk sodat jou kos nie sal vasbrand nie.
·
Sauté pan
Sauté is slegs
’n vorm van braai en word dikwels aangewend vir die bereiding van stukkie vleis
of hoender.
·
Wok
Die Wok word
gewoonlik geassosieer met Oosterse kookkuns, en glo my maak die wêreld se
verskil wanneer jy bestanddele begin meng. Die metaal van die Wok is gewoonlik
baie dun en verhit vinnig.
·
Koekpanne (koekvorms) en broodpanne
Vandag kry ons
ook koekpanne of vorms wat gemaak is van silikoon. Dit maak die lewe heelwat
makliker omdat koeke of selfs brode (wanneer ’n broodpan gebruik word) nie meer
vassit soos in die verlede nie.
Koekpanne of broodpanne
word soos die naam aandui gebruik wanneer brood of koek gebak word.
17. Siwwe
Siwwe is ontwerp vir verskillende gebruike naamlik vir die
sif van droë on nat bestanddele. In die geval van droë bestanddele is dit om
alle ongewenste items te verwyder en slegs die baie fyn deeltjie deur te laat,
en in die geval van vloeistowwe, vir die verwydering van geurmiddels wat
gebruik is om die kos mee te geur maar wat jy nie wil gebruik wanneer jy dit opdien
nie.
18. Vergiettes (“Colander”)
’n Vergiettes dien baie dieselfde doel as ’n sif, maar slegs
met die verskil dat dit heelwat groter gaatjies het. Dit sal gewoonlik gebruik
word wanneer pasta gemaak word of groente gekook word om die water te laat
afdroog.
19. Voedselverwerker
Voedselverwerkers is nog een van daardie gereedskap items wat
gebruik word om tyd heelwat te bespaar. Dit kom gewoonlik met ’n hele aantal
aanhegsels en word gebruik om te kerf, sny en rasper.
20. Meule
‘n Meul word gebruik om die kos wat deur die klein holtes geforseer
word in ’n gemaalde vorm aan die ander kant te kry. Dit word gebruik dikwels by
die verwerking van vis, hoender en vleis.
21. Rasper
Gebruik om kos te rasper. Hul kom gewoonlik met verskillende
opsies wat dan ook die grote van die eindproduk sal bepaal en die gevolg sal hê
van hoe grof of fyn jy dan jou eindproduk wil hê.
22. Skiller
Skillers word gebruik om die buitenste skil van harde groente
en vrugte te verwyder.
23. Blikoopmaker
Blikoopmakers kom in verskillende vorme en word gebruik vir
die oopmaak van metaal blikkies. Wees versigtig omdat sommige van hulle nie ’n
gladde afwerking laat nie en dit kan lei tot beserings.
24. Kombuisskêr
n Sterk kombuisskêr is baie belangrik, omdat dit ingespan
word vir die sny van linte to die sny van vis vinne of selfs dun beentjies.
25. Mes skerpmaker (slypstaal of slypsteen)
’n Stomp mes in die kombuis is ’n nagmerrie en om te verseker
jou mese en skêr is altyd skerp is dit belangrik om ’n goeie kwaliteit skerpmaker
te hê. Jy kan ’n slypsteen of slypstaal gebruik wat ’n lang staal is wat aan ’n
handvatsel vas is en gebruik word om messes mee skerp te maak.
Maak egter seker dat jy ’n goeie tegniek sal toepas om nie
jou lem te beskadig nie.
26. Kurktrekker
Kurktrekkers word gebruik vir die verwydering van kurkproppe
van byvoorbeeld wyn en kan jou nogal in ’n penarie laat beland wanneer jy gaste
oor nooi en probeer om ’n bottel wyn oop te kry sonder ’n behoorlike
kurktrekker
27. Gaatjieslepel
Gebruik vir die verwydering van iets uit vloeistof, maar nie
die vloeistof wil uitskep nie, soos byvoorbeeld groente gekook in water.
28. Stel toetspenne
Vir die bakkers onder ons is toetspenne ’n belangrike item.
Dit dien om te bepaal of jou gebak reg is of nie. Jy druk eenvoudig die
toetspen in die gebak en wanneer dit skoon uitkom weet jy dit is gaar.
29. Pasta lepel
Die vernaamste gebruik is die verwydering van die pasta uit
die water sodat die water agter bly in die pot. Die gereelde pasta makers sal
weet dat ’n gewone lepel beslis nie gemaak is vir die doel nie.
30. Eierspane
Eierspane word gebruik vir die uitskep van gebakte eiers of
enige iets wat gemaak word in ’n pan en waarvoor jy ’n plat oppervlak nodig het
om uit te lig.
31. Tydklokkie
’n Tydklokkie is nog ’n nuttige item om te hê. Nie alle stowe
het ingeboude klokkies nie en dit gebeur heel dikwels dat jy iets op die stoof
sit en weggevoer deur iets anders net om later weer terug te loop, vas in ’n
bondel rook.
32. Saag
‘n Saag sal gewoonlik gebruik word wanneer jy met groot bene
werk en dit wil opdeel in kleiner stukke.
33. Messe
Daar bestaan bykans ’n mes vir elke taak in jou kombuis, maar
met die paar basiese messe beskikbaar is daar geen rede tot kommer nie en kan
jy soos ’n professionele sjef al jou take uitvoer.
·
Skilmes
Die is een van
die kleiner messies, maar staan beslis sy skoene vol en is sy gewig in goud
werd. Hy word gebruik vir verskillende take soos die skil van vrugte en
groente, uie en om die punte aan weerskante van groente of vrugte wat jy nie
gebruik nie af te sny.
·
Draaimes
Die draaimes
het ’n baie klein gedraaide lem en word meestal gebruik vir aanbieding wanneer
kos voorgesit word. Nie ’n noodsaaklikheid in jou kombuis nie, maar as jy
iemand is wat hou van tierlantyntjies kan dit jou help.
·
Filet mes
Die mes het ’n
medium lengte lem en is buigbaar. Die buigbaarheid van die lem is so ontwerp
sodat dit buig wanneer dit teen die been van vis afbeweeg wanneer jy filette
sny.
·
Ontbeen mes
Die mes het ’n
kort tot medium lengte lem wat gepunt is aan die die voorkant waarvan die lem
sterk en stewig is. Die tipe mes is juis so ontwerp om na aan die been te sny
en so die vleis weg te sny.
·
Algemene sjefs mes
Die is ’n mes
wat gebruik kan word vir verskillende doeleindes en kan help met die
voorbereiding van groente, vrugte, vleis, pluimvee en selfs vis. Die mes kan
gebruik word in verskeie tegnieke en sal As u dit doelbewus wil beklemtoon druk
ctrl+z om u teks terug te kry of druk 1 vir nog en 2 vir steeds op die
toetsbord en druk die spasiebalk die toets slaag. Beslis ’n moet in jou
kombuis.
·
Paletmes / spatel
Die is
sekerlik die enigste tipe mes waarvan die lem nie skerp is nie. Die lem het ’n
ronde afwerking waarvan die hoof gebruike die omdraai van kos is wat gebraai
word en om iets aan te smeer. Die mes word heel dikwels deur bakers gebruik om
koeke te versier. En het ’n lang
buigbare lem. Lemme verskil in lengte van mes to mes en dit is belangrik dat jy
sal seker maak jy kies die regte mes vir jou behoeftes.
·
Getande mes
Soos die naam
aandui is lem gekartel en word gewoonlik in ’n saag aksie gebruik. Die lem kan
nie skerp gemaak word nie, en die hooffunksie is die sny van sekere kosse soos
brood, muffins, croissants ens.
·
Vleismes en vurk
Die vleismes
het ’n lang, dun, baie skerp lem om die akkurate sny van vleis te verseker.
Die vleisvurk
en vleismes werk soos ’n familie saam en is ook so ontwerp om mekaar te
ondersteun. Die vleisvurk is ’n sterker vurk as gewone vurke en so ontwerp om
die vleismes te ondersteun in die sny proses.
·
Kloofmes
Die kloofmes
is ’n baie skerp mes wat gebruik word in ’n kap aksie met die sny van bene.
Korrekte hantering van messe
Messe
is sekerlik een van die gevaarlikste, maar tog ook belangrikste items in jou
kombuis en moet altyd met groot sorg behandel word. Dit is belangrik om te weet
wat die doel van elke mes is sodat jy die beste uit daardie mes kan kry.
Verseker
ook altyd dat jou messe skerp is. Dit maak ’n groot verskil in die sny proses
om nie met ’n stomp mes te sukkel nie.
Messe
moet met groot sorg hanteer word om beserings te voorkom. Dit is altyd goed om
die lem afwaarts te dra of wanneer jy dit aan iemand oorhandig die lem na jou
gerig te hou.
Messe
is voortdurend in direkte kontak met jou kos en om te verseker dat dit ten alle
tye higiënies is, is dit belangrik om te verseker dat jou messe behoorlik
skoongemaak word.
Verstaan die hitte van jou oond
Dit
is belangrik dat jy jou oond sal ken en verstaan en sal weet wat die stellings
is. Gelukkig vir ons het moderne tegnologie dit moontlik gemaak dat oonde
ingeboude termometers het waarvolgens ons die hitte kan stel.
Baie koel
Koel
Matig koel
Matig
Matig warm
Warm
Baie Warm
|
̊C
100
140
160
180
190
200 – 220
230 - 260
|
̊F
200
275
325
350
375
400 – 425
450 - 500
|
Gas
Laag
1
2
3
4
5 – 6
7 – 9
|
Nou
dat ons weet wat die verskillende tipe gereedskap voor is en dat ons kan sien
wat sal ons persoonlik behoeftes pas, is dit makliker om gereedskap spesifiek
vir jou aan te koop en nie met ’n klomp onnodige items in jou laai op te eindig
wat net alles vol lê nie.
Volgende
keer gaan ons bietjie kyk na verskillende tegnieke in die kombuis en hoe om
akkurate afmetings te maak, so kry daardie gereedskap skoon en reg vir aksie.
Vriendelike
groete
Die Vet Sjef
dievetsjef@gmail.com
No comments:
Post a Comment