Translate

Sunday, February 24, 2013

Afmetings, kombuis terme en omskakelings


Afmetings, kombuis terme en omskakelings

Wanneer jy in jou kombuis begin eksperimenteer is dit belangrik dat jy ‘n paar terme sal verstaan wat in resepte gebruik word en so bietjie sal weet wat die korrekte afmetings prosedure is. Dit maak nogal ’n verskil aan sensitiewe resepte wanneer die korrekte hoeveelhede vir bestanddele nie afgemeet word nie.

Omdat ons kook vanaf resepte van oor die wêreld heen het ek dit ook goedgedink om so paar tabelle in te sluit wat jou kan help met ’n paar lastige omskakelings.

Ek hoop dat die week se blog insiggewend sal vir en voel dat ek bietjie waarde to jou kombuis toevoeg.

Afmeting

Dis is belangrik dat droë bestanddele soos meel, suiker en sout byvoorbeeld nie in gedruk word nie. Dit sal nie ’n korrekte hoeveelheid van wat benodig word wees nie. Vul eerder jou koppie of lepel soos die bestanddeel normaal voorkom en skraap dan af met die agterkant van ’n mes. So verseker jy dat jou koppie 100% vol is maar dat bestanddele nie saamgepers is en in werklikheid baie meer as wat vereis word nie sal wees nie.

Somtyds vereis resepte slegs dele van ’n teelepel. Hier moet skatting en ’n goeie oog ingespan word om die verlangde hoeveelheid te kry. Vir ’n halwe teelepel sal jy byvoorbeeld die lepel op die verlangde metode vul maar met jou oog in die helfte verdeel. Die maklikste is om met jou oog lyne oor die lepel te trek en dan dit so in breukdele verdeel.

Vir die afmeting van vloeistowwe word die houer tot by die korrekte merkie gevul wat dan jou verlangde hoeveelheid sal gee. Dit is belangrik dat vir afmeting in maatbekers jy nie van bo sal ’n lesing maak nie, maar dat jou oog gelyk met die merkie sal wees sodat jy so die korrekte lesing kan bepaal.

Ek het so bietjie tydens my rondlees op ’n interessante manier van botter afmeet afgekom.  Indien jy slegs ’n deel (50 mℓ) van ’n koppie benodig vul jy die koppie met die ander deel (200 mℓ) om die volle 250 mℓ te bereik. Indien jy dan die botter of vet in die koppie plaas sal die koue water styg tot bye die 250 mℓ merkie. Jy kan nou die water afgooi. Dit is belangrik dat jy baie koue water sal gebruik sodat jou botter of vet nie smelt nie.

Gerieflikheidshalwe kan ’n spesifieke hoeveelheid gemeet in gram (g) botter ook gesien word as dieselfde hoeveelheid gemeet in milliliter (mℓ) botter. Jy kan dus maklik ’n blok botter verdeel in die helfte, ’n kwart of selfs agt dele afhangende van wat jy benodig.

Ken jou terme

Daar is ’n paar terme wat jy altyd sal aantref in ’n resep en wanneer jy nie weet wat daarmee bedoel word nie kan dit nogal ’n penarie afgee. Soos enige ander professie of stokperdjie het die kookkuns woorde wat slegs van toepassing is op kook.

Omdat ek nogal heel verlore gevoel het toe ek begin kook het en dit ’n duur storie geword het om met my ouma , ma en suster op die foon deur te bring en so deur elke resep te gaan het ek besluit om van die terme so deeglik as wat ek dit moontlik kon doen te beskryf.

 Meng metodes

Daar is verskillende manier om bestanddele te meng. Alhoewel elkeen dieselfde eindresultaat tot gevolg het, is die verskillende metode baie belangrik en speel dit ’n groot rol in jou eindproduk.

1.       Insny

Die woord dui die aksie baie mooi aan. Jy gebruik jou mes en deur die uitvoer van agtereenvolgende kap (sny) bewegings meng jy jou bestanddele.

 

Voorbeeld

Sny botter by meel in

 

2.       Invou

Dit is om bestanddele te meng, maar die lug wat voorheen ingeklop is te behou. Dit kan gedoen word deur versigtig met die gebruik van ’n metaal lepel die mengsel om te vou sodat jou lepel elke keer die boom van die bak raak. Die metode kan nie oorhaastig uitgevoer word nie omdat jy soos voorheen gesê, die lug in die bestanddeel wil behou.

 

Voorbeeld

Iets te meng met eierwit wat styf geklop is.

 

3.       Invryf

Gebruik jou vingerpunte, ’n voedselverwerker of menger om botter met droë bestanddele te meng.  Die beste manie wanneer jy jou hande gebruik is om die botter in klein blokkies te sny en dit dan liggies met jou vingerpunte te vryf en so met die droë bestanddele te meng.

 

Voorbeeld

Meng botter met meel.

 

4.       Klop

Dit is om lug in jou bestanddele te kry. Jy gebruik ’n lepel of hand klitser en beweeg die bestanddeel om en om sodat die onderste bestanddeel ook met die lug in aanraking sal kom.

 

Voorbeeld

Room styf Te klop

 

5.       Roer

Gebruik ’n lepel en voer sirkelbeweging uit, wat jy geleidelik groter maak om bestanddele te meng.

Voorbeeld

Roer droë bestanddele saam.

 

6.       Room

Die meng metode gebruik om botter en suiker ’n romerige voorkoms te gee deur gebruik te maak van ’n houtlepel of elektriese klitser en dit dan liggies te klop. Vir die verkryging van ’n beter resultaat is dit beter om strooisuiker of gesifte suiker te gebruik, omdat dit ’n fyner tekstuur het en die suiker deeltjies makliker sal meng met die botter.

 

Voorbeeld

Meng botter en suiker saam vir die maak van terte.

 

Net nog so paar woordjies

 

1.       Kap

Jy hoef darem nie die hamer of byl te gaan haal nie. Nee, ons kokke is vriendelike mensse al werk ons elke dag met gevaarlike toerusting. Om te kap, beteken doodeenvoudig net om die punt van jou mes op die snyplank te hou, met die een hand, en dan met jou ander hand die mes vinnig op en af te beweeg sodat kap bewegings uitgevoer kan word. Die metode word gewoonlik gebruik by die fynmaak van neute en sommige kruie.

 

2.       Snipper

Neem die kruie wat jy wil snipper en sny dit in fyn stukkies met ’n skêr.

 

3.       Sny in blokkies

Sommige resepte vereis dat jy groente, vrugte en selfs botter in blokkies moet sny. Jy sny doodeenvoudig net die een kant van die groente of vrug af sodat dit jou met ’n plat oppervlak kan laat. Nou kan jy die bestanddeel so plaas dat dit op die plat kan sal lê en so makliker hanteerbaar sal wees. Gebruik eerstens jou mes en sny die bestanddeel in lang repe oor die lengte. Deur dan die repe by mekaar te hou en in die ander rigting te sny, sny jy jou blokkies. Probeer die blokkies dieselfde grootte sny, omdat dit sal verseker dat alles eweredig kook.

 

4.       Maak aan

Wat sê die skrywer van die resep nou eintlik? Aanmaak beteken doodeenvoudig net om ’n droë bestanddeel te meng met  ’n klein bietjie sout of suiker en dan ’n bietjie melk of water by te voeg terwyl jy alles aanhoudend roer om ’n gladde loperige vorm aan te neem.

 

Ek hoop dat deur nou die woorde te verstaan dit bietjie maklike sal wees om daardie resep waarvoor jy so bietjie skrikkerig was voorheen aan te pak.

Baie keer gebruik ’n resep sleg ’n breukdeel van ’n lepel of ’n koppie en weet mens nooit wat hulle nou eintlik bedoel nie. Ek het besluit om hier ’n tabel te gee wat jy mooi kan uitsny, lamineer en teen jou yskas vassit. So sal dit jou help om dan ook sommer elke week te onthou om te kom rondsnuffel op Die Vet Sjef en te sien wat se inligting ek deel.

Breukdeel omskakelings

Breukdeel
⅛ t
¼ t
½ t
1 t
1 e
½ e
¼ k
½ k
¾ k
1 k
1 ½ k
⅖ k
⅘ k
1 ¼ k
2 ½ k
Mℓ aanduiding
0.5 mℓ
1 mℓ
2.5 mℓ
5 mℓ
15 mℓ
7.5 mℓ
4 e (60 mℓ)
125 mℓ
190 mℓ
250 mℓ
375 mℓ
100 mℓ
200 mℓ
310 mℓ
625 mℓ

 

Gewig omskakelings

Gram (g)/ Kilogram (kg)
25 g
50 g
75 g
100 g
125 g
150 g
175 g
200 g
225 g
250 g
275 g
300 g
325 g
350 g
375 g
400 g
425 g
450 g
675 g
1 kg
1.2 kg
1.3 kg
1.8 kg
Ons (oz.) / Pond gewig (lb)
1 ons
2 ons
3 ons
4 ons = ¼ lb
4.4 ons
5.2 ons
6 ons
7 ons
8 ons = ½ lb
9 ons
10 ons
11 ons
12 ons = ¾ lb
+ 12 ons
13 ons
14 ons
15 ons
16 ons = 1 lb
22 ons = 1 ½ lb
2.2 lb
2 2 ½ lb
3 lb
4 lb
 

 

Vloeistof omskakeling

(mℓ) Milliliter / ( l) Liter
30 mℓ
60 mℓ
90 mℓ
120 mℓ
150 mℓ
180 mℓ
210 mℓ
240 mℓ
270 mℓ
300 mℓ
330 mℓ
360 mℓ
390 mℓ
420 mℓ
450 mℓ
480 mℓ
600 mℓ
960 mℓ
1.1   L
 
 
(fl.oz.) / (pt.) Pint
1 fl.oz.
2 fl.oz.
3 fl.oz.
4 fl.oz.
5 fl.oz. = ¼ pt.
6 fl.oz
7 fl.oz.
8 fl.oz.
9 fl.oz.
10 fl.oz = ½ pt.
11 fl.oz.
12 fl.oz.
13 fl.oz.
14 fl.oz.
15 fl.oz. = ¾ pt.
16 fl.oz.
20fl.oz. = 1 pt.
32 fl.oz
40 fl.oz. = 2 pts

 

Lengte omskakelings

Millimeter (mm)
2 mm
6.25 mm
12.5 mm
25 mm
50 mm
75 mm
100 mm
150 mm
200 mm
250 mm
300 mm
Centimeter (cm)
n/a
n/a
n/a
2.5 cm
5 cm
7.5 cm
10 cm
15 cm
20 cm
25 cm
30 cm
Duim (dm.)
¼
½
1 dm.
2 dm.
3 dm.
4 dm.
6 dm.
8 dm.
10 dm.
12 dm.
 

 

 

Oond temperatuur omskakeling

̊C - Grade Celsius
110
130
140
150
170
180
190
200
220
230
240
 
F – Fahrenheit
225
250
275
300
325
350
375
400
425
450
475
 
Gas
¼
½
1
2
3
4
5
6
7
8
9
 
Hitte
Baie koel
 
Koel
 
Matig
 
Matig warm
 
Warm
 
Baie Warm

 

Resepte word vandag van oor die wêreld geskryf en mense is lief om met ander lande se kookkuns te eksperimenteer. Nie alle lande gebruik egter die metrieke stelsel nie en daarom kan jy dalk afkom op afmetings eenhede waarmee jy nie heeltemal vertroud is nie. Print dus gerus die tabelle uit en plak dit êrens waar dit maklik is vir jou om gou op te lees.

Van volgende week gaan ons so bietjie kyk na die verskillende metodes wat gebruik word om te kook. Daar is meer as net die gewone braai en kook en ek wil dit aan jou bekend stel.

Onthou om my so bietjie te laat weet hoe dit gaan en jou kontak besonderhede met verjaarsdag besonderhede te stuur sodat ek julle ingelig kan hou indien daar iets aan die gebeur is. Vertel my dan sommer wat in jou omgewing aangaan en stuur besonderhede van ’n vriend of vriendin wat ek na ons kook familie kan nooi.

Kook Liefde

Die Vet Sjef

dievetsjef@gmail.com

3 comments:

  1. Thx dis boere taal op sy lekkerste

    ReplyDelete
  2. Thx dis boere taal op sy lekkerste

    ReplyDelete
  3. Hvl ml of liter is n deel bv 3 dele water hvl water is dit dankie

    ReplyDelete