Translate

Sunday, March 3, 2013

Kook


 

 

Kook

Gedurende die volgende paar weke gaan ons so bietjie kyk na die verskillende metodes gebruik om kos gaar te maak. Ja, jy hoef nie in die eentonige gewoonte te verval om alles net te bak of te kook nie. Om dood eerlik met jou te wees gaan dit beslis ook nie vir alle resepte werk nie.

Die eerste metode waarna ons gaan kyk is om iets te kook “boil”. Ek sit die Engelse woord omdat die oorhoofse terme “cook” ook verwys na kook, maar ons praat hier van die metode waar jy jou gereg kook in ’n vloeistof. Die vloeistof word tot kookpunt gebring of is reeds by kookpunt wanneer jy die bestanddele byvoeg.

Deur die metode van kook te geruik word sommige kos veiliger gemaak om te eet en verander selfs die tekstuur van daardie item. Dink byvoorbeeld aan ’n gekookte eier. Voordat dit deur die kookproses gaan is dit maar ’n onaangename gedoente en beslis ook nie altyd veilig om net so te eet nie, maar nadat dit gekook is, beslis een van die lekkerste en mees vullendste kosse.

’n Matiger vorm van kook is wanneer jy iets prut. Deur dit te prut word baie minder energie gebruik en ’n matiger beweging van die vloeistof verkry wat tot gevolg het dat bestanddele nie beskadig word deur die aggressiewe beweging van die vloeistof nie. Dit is dus belangrik om die hitte noukeurig dop te hou wanneer jy kook.

Gereedskap gebruik in die kookproses is baie standaard. Slegs ’n pot, in die grotte afhangende van die hoeveelheid wat jy wil kook word vereis en ’n behoorlike lepel.

Dit is ook belangrik dat die pot die korrekte grotte sal wees. Indien die pot te klein is, gaan dit onnodig mors wanneer jy die bestanddele uit die vloeistof skep of oorkook wanneer die bestanddele in die vloeistof geplaas word.  Ons kan byvoorbeeld dink aan sommige items wat ’n skuim afskei wanneer dit kook. Die van ons wat al in ’n te klein potjie probeer kook het, sal weet wat se frustrasie dit kan veroorsaak wanneer jy so versigtig moontlik probeer werk maar die helfte van alles in die pot lê op die stoof. Indien die pot aan die ander kant weer te groot is, is dit nie regtig ekonomies nie.

 Deur eerstens die proses van kook te gebruik is dit belangrik om te weet dat daar twee metodes, elk met sy eie voordele en doel is wat jy kan volg.

1.      In die eerste geval word bestanddele geplaas in koue vloeistof wat dan tot kookpunt verhit word. Sodra kookpunt bereik word, word die hitte verminder sodat dit slegs sal prut totdat die korrekte temperatuur bereik is.

 

Die proses hou ’n paar voordele in.

 

Eerstens help dit om die geure uit die kos na voor te laat kom en ook die kos sag te maak soos byvoorbeeld in die geval van vleis wat opgekook word.

 

Die vorm van die kos sal nie beskadig word nie omdat die dit nie deur die aggressiewe kook aksie van die vloeistof gaan wat aan die begin van die verhittingsproses gevind word nie.

 

Deur die vloeistof tot by die prut stadium te verlaag kan help om die vloeistof weer helder te maak wanneer alle onsuiwerhede verwyder word. Die kos prut nou slegs en maak dit vir jou moontlik om alle onsuiwerhede sorgvuldig met ’n lepel af te skep.

 

2.      Die tweede metode van kook is wanneer die vloeistof eers tot by kookpunt gebring word, waarna die bestanddele dan by die vloeistof geplaas word. Deur dit te doen word die vloeistof se temperatuur tydelik verlaag deur die temperatuur van die bestanddele tot onder kookpunt en moet die vloeistof dan weer geleidelik verhit tot kookpunt waarna die temperatuur van die stoof verlaag word sodat die vloeistof slegs sal prut.

 

Soos voorheen beskryf hou die metode ook sy voordele in.

 

Eerstens bly vitamien C behoue in groente omdat dit nie deur die lang kookproses gaan nie.

 

Tweedens sal die kleur van kos behoue bly en nie uitgewas word nie. ’n Nuttige wenk om te onthou is dat die byvoeging van sout tot kokende water ook verder sal help om die kleur van kos te behou.

 

Dit is belangrik dat jy sal seker maak watter van die kook metodes gebruik word wanneer jy met ’n resep werk omdat dit ’n invloed op die eindproduk het.

Daar is verskillende kos groepe wat geassosieer word met kook en waarvoor die metode ideal is.

1.      Die meeste soorte groente kan gekook word, maar dit is belangrik om daarop te let dat jy nie groente sal kook vir te lang periodes nie. Groente gekook vir te lang periodes sal tot gevolg het dat dit die meeste van die vitamiene en voedingstowwe sal verloor.

2.      Pasta, peulvrugte en graan moet deur die kookproses gaan sodat die kos makliker verteerbaar kan word en ook makliker om te eet. Gedurende die kookproses word die helfte van die vloeistof waarin dit gekook word opgeneem deur die bestanddeel.

3.      Indien die kookproses gekies word om eiers gaar te maak is dit belangrik omdat dit die eiers veiliger maak om te eet en ook die tekstuur van die eier verander wat dit meer aangenaam maak vir menslike gebruik.

Net soos daar verskeie kossoorte is wat geassosieer word met kook so is daar ook verskeie tegnieke wat nou verband hou met kook.

1.      Blansjeer

Die tegniek verwys na die kook van groente of pasta tot by die stadium waar dit gereed is. Dit word dan van die hitte verwyder en vinnig in yswater geplaas om die kookproses te stop. Indien die groente of pasta nie dadelik bedien word nie sal dit weer in kokende water geplaas word net om te verhit en nie met die intensie om verder te kook nie.

 

Soms sien kokke nie die metode gewens vir die gebruik van pasta nie. Die ander uitweg is dan natuurlik om die pasta te kook maar nie tot heel gaar nie. Laat dit dan afkoel sonder die toevoeging van koue vloeistof en wanneer jy dit benodig verhit dan weer op water manier ook al vir jou die beste sal pas hetsy dit dan weer te kook, in ’n pan te plaas met olie of te verhit met ’n sous.

 

Onthou om altyd pasta te kook met so bietjie olyfolie omdat dit sal verhoed dat die stysel in die pasta aan mekaar sal vaskleef.

 

Jy kan beslis die metode onthou wanneer jy onthaal en van die geregte vooraf wil berei.

 

2.      Week

Sommige kossoorte vereis om geweek te word in water voordat jy dit kook. Dit is veral die geval by sommige gedroogde groente, peulgewasse en lensies. Lees altyd die verpakkings instruksies baie noukeurig om seker te maak van die korrekte aanwysings.

 

3.      Afskepping

Soos die naam aandui is dit wanneer die onsuiwerhede wat deur sommige bestanddele vrygestel word verwyder word. Die onsuiwerhede is vuilheid of olies wat deur die kook prose uit die bestanddele verwyder word en dan na die oppervlak van jou vloeistof styg in die vorm van ’n skuim. Indien dit nie afgeskep word nie sal dit net weer terug kook in die kos, of die vloeistof van die gereg melkerig of olierig maak en die smaak van die gereg beïnvloed. Iets wat ons beslis nie wil hê nie.

 

Die verwydering van skuim is ’n baie eenvoudige proses. Roer net die vloeistof van die middel van die pot met die basis van ’n soplepel. Dit sal die skuin na die kant van die pot laat gaan. Nou kan jy dit begin afskep deur die lepel net so effens onder die skuim te laat in beweeg.

 

Kook is die beste metode vir die maak van soppe en souse omdat dit gewoonlik met baie vloeistof gepaard gaan.

 

Gedurende my navorsing het ek afgekom op die fantastiese tabel wat jou volgende keer nogal baie handig kan help wanneer jy eiers kook:

 

3 minute          -           baie sag gekookte eier

4 minute          -           wit net geset en romerige geel

5 minute          -           wit en geel perfek geset met slegs ’n bietjie

 

Die week was daar nogal groot gegons in die nuus en koerante oor die skokkende bestanddele van vleis en vleis produkte in ons winkels. Alhoewel daar ’n klein handjie vol slaghuise is wat sekerlik nie onskuldig is nie, glo ek dat die groot meerderheid hulle brood op ’n eerlike manie verdien.

 

Laat my gerus weet wat jy dink en jou mening is oor die skokkende ontdekkings wat gemaak is en onthou om daardie resepte en wenke aan te stuur sodat ons dit kan deel met die res van ons vriende.

 

Kook liefde

 

Die Vet Sjef

dievetsjef@gmail.com

 

No comments:

Post a Comment